+27 (0) 82 823 9978 [email protected]

Geleentheid vir ‘n Operasionele Bestuurder wie se roeping en hart belyn is met die etos en visie van www.Bonnievale418.co.za.

 

Werksoorsig

Jou rol gaan primer wees om dit makliker te maak vir gemeenskappe regoor die Wes-Kaap om uitnemende skole van verandering te help bou, in vennootskap met die WKOD. Jy gaan die geleentheid hê om lewens te verander en eerstehands te beleef hoe gemeenskappe weer hoop kry.

Ons is opsoek na ‘n toegewyde sistematiese implementeerder met die vaardigheid om planne tot uitvoering te bring. Iemand wat goed is met die bestuur van rompslomp, begaafd in finansies, en stapsgewyse hantering van take en administrasie. ‘n Betroubare en hoë-vlak koppeling tussen die WKOD, private befondsers, die bedryfsvennote en betrokke gemeenskappe. Die pos is in Bonnievale, Wes-Kaap.

Sleutel verantwoordelikhede

  • Projekbeplanning en -bestuur
  • Onderhandelinge en kontraktering met die WKOD
  • Befondsingsaansoeke.
  • Tenderprosesse en kontraktering vir konstruksiedoeleindes.
  • Aansoeke vir kurrikulumuitbreiding
  • Monitering en evaluering
  • Dokumentasie van prosesse

Minimum vereistes

  • Verkieslik Universiteitsopleiding met 5 jaar werkservaring in Ingenieurswese /
    Konstruksie, of Finansies / Risikobestuur of Onderwys.
  • Vlot in Afrikaans en Engels, met uitstekende luistervaardighede en die vermoë om
    aanbiedings te kan doen.
  • Jy moet met alle mense kan werk.
  • Goeie rekenaarvaardighede.
    Vaardighede in begrotings en finansiële bestuur.
  • Vermoë om netwerke te vestig en gemaklik wees met hoëvlak vennote en
    persoonlikhede.
  • ‘n Geldige bestuurslisensie en eie voertuig.

Ervarings profiel

  • Ten minste 5 jaar werskondervinding in ‘n professionele omgewing, met die vermoë
    om mense te inspireer en vertroue te wen
  • Bewese belangstelling en betrokkendheid in Onderwys en/of ander
    Regeringstrukture.
  • Ervaring in onderwys of jeugontwikkeling sal tot voordeel wees.

Eienskappe

  • Positiewe lewensuitkyk. Iemand wat glo dat hy/sy ‘n rol te vervul het in ons pragtige
    land.
  • Gemotiveerd om onafhanklik en as deel van ‘n hegte span te werk.
    Het ‘n roeping om ander mense by te staan, te bedien of te onderrig.
  • Toegewyd om ‘n verskil te maak deur kennis te deel.
  • Sterk werksetiek

Tipe indiensneming: 27-maande kontrak posisie – met die moontlikheid van verlenging.
Vergoeding: Baie kompiterend en Markverwant.

Aansoeke sluit teen 27 September

Alle aansoeke moet teen 27 September 2021 om 08h00 (AM) ontvang word via: 

[email protected]

SA3 baat geensins deur hierdie pos te bemark nie. Deel asseblief met U netwerk, en help Bonnievale418 om die beste moontlike kandidaat te vind. Dit sal ons almal in die langtermyn baat.